Hoofstuk 1

Die musiek blêr in die dans plek. Daar is soveel mense om haar en sy kan net aan een ding dink…”Anna …kom girl ons song speel”. Sy wil nie huis toe gaan nie. Sy het n dubbel skof gewerk en haar gebrande lyf van die matriek vakansie saam haar vriendin glooi onder die klub se dans ligte.

“Wat was fout vanaand met jou….?” Anna praat nie veel nie wat sy het al soveel dinge gesê vir baie en niemand wou haar help nie. Sy begin al hoe meer met haar gees baklei want … wie was sy?.. Hoekom voel sy so leeg.

“Bye Anna..! Sien jou more”…

“Bye julle slette …hahah Dankie vir die kuier …en my ..lift..”

Sy staan en staar na die lang donker bruin huis. Dis baie oop. Die gras is groen en die fonteinjie in die hoek se water loop. Die vissies is ook nog wakker … vêr agter kan jy n padda hoor. Die ligte brand in die kantoor. Sy kan haar ma sien agter haar rekenaar en dan haar pa… hy sit net daar en games speel. Sy kan sien haar sussies is almal ook nog wakker wat die voorste ligte brand ook. Sy gaan hulle almal eers uit kak wat die ligte brand.

“Naand pa..naand mamma.. jammer ons is laat was uit saam die waiters…”

“Hoekom het jy ons nie laat weet nie..?” Anna se pa lyk kwaai maar net omdat sy seker uitgemis het op al die werk en die huis kak wat soos swart geeste rond dwryf in hulle huis.

“Gaan maak vir my en jou ma Koffie… jou kos is in die kombuis”..

“Dankie Pa…”

Sy loop om en soen haar ma. Sy is op die foon en langs haar n koue koppie koffie en ń asbakkie vol ou sigarette. Sy hoef nie meer haar ma sin te steel nie wat sy koop nou haar eie. Hulle weet sy rook. Sy stap nader en groet haar pa. Sy soen hom en hy druk haar boud.

Sy maak die deur oop en loop voorentoe. Die gang is lank. Dit lyk nogal scary…soos n moord huis, ń huis waar daar rerig baie shit gebeur. Die shit waarvan jy movies kan maak.

“Naand julle … waar is almal..?.

“Ons is in die kombuis.. en ..o ja .jou radio ook “.. En dan lag hulle vir Anna.